Zazas | |
---|---|
Totale bevolking: | 3 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Turkye Duitsland Nederland Swede |
Taal: | Zazaki en Turks |
Geloofsoortuiging: | Islam (Alevite en Soenniete) |
Verwante etniese groepe: | Koerde |
Die Zazas is 'n Iranse volk in die huidige Turkye. Die Zazas word ook wel aangedui as 'n etniese groepering of etniese minderheid. Die oorspronkelike woongebied van die Zazas is die Anatoliese streek Dersim en omstreke. Hierdie naam word deur die Turkse staat in 1936 verander na Tunceli, nadat die Turkse leër die outonomie van hierdie streek brutaal verwerp. Zazas praat eerder van Dersim as van Tunceli.